Dorp van die Jaar – 2012

Lady Grey was entered for the Kwêla & Dorp van die Jaar competition in 2012. 

It was the overall winner for the Eastern Cape and come second in the whole of South-Africa and Namibia. 

The winner was Sabie with Lady Grey close on its heels.  Considering the population of Sabie vs the population of Lady Grey, this small village did extremely well.

Rotskuns vertel van die San wat deur die eeue in grotte en onder rotsskuilings in die klowe om Lady Grey gewoon het.

Die eerste permanente boere het in die vroeë 1800’s hul intrek op plase geneem.

Die naaste kerk, minstens twee dae se reis weg, was in ­Aliwal-Noord.

Afgevaardigdes van die Lady Grey-omgewing het in 1856 ’n brief aan die kerkvaders gestuur met die versoek om ’n kerk in hul omgewing te bou.

Die versoek is goedgekeur en die plaas Waaihoek is vir hierdie doel by die Bothas gekoop. Die NG kerk is die enigste nasionale monument in die dorp.

Dit is juis vanjaar die kerk se feesjaar en die 150ste bestaansjaar word gevier. Die kerkgebou is volgende jaar 100 jaar oud.

Nog ’n versoek is aan die destydse goewerneur, sir George Grey, gestuur om die dorp na sy vrou, lady Grey (gebore Eliza Lucy Spencer), te noem.

Met die ontstaan van die kerk het nagmaalhuisies en winkeltjies ook hul opwagting gemaak.

Die jaarlikse Passiespel, wat reeds die 11de keer deur die gemeenskap opgevoer is, lok besoekers van heinde en ver. Dit vind oor drie dae plaas.

Onder die buitemuurse aktiwiteite tel vlieghengel, perdry, staproetes en motorfietsroetes.

Die inwoners is opgewonde oor die fliek Five Fingers for Marseilles, wat daar verfilm word.

SMS Lady Grey na 33157